Pink Trees for Pauline

Pink trees for Pauline - naam van die projek. Net 'n prentjie van soos dit in Graaf Reinette gelyk het verlede jaar.The huge “Pink Trees for Pauline” cancer fund raiser was officially launched in Bredasdorp on Monday August 26 and all residents and business owners are invited to join the campaign!

Show your support for this worthy cause by
dressing up all the trees facing and bordering main roads by September 14th
Sponsor or buy metres of pink cloth @ R20.00 per metre.

Pienk Bome vir Pauline

Op 18 Oktober gaan die boomstamme in meer as 50 dorpe dwarsoor Suid Afrika in meters pienk materiaal toegedraai word om mense bewus te maak van kanker en om fondse in te samel vir mense wat deur die siekte geraak word.

Die projek, Pienk Bome vir Pauline, is verlede jaar vir die eerste keer deur Carol-Ann van Jaarsveld op die Karoodorp, Graaff-Reinet, geloods. Carol-ann het beide haar ma en ouma deur kanker verloor. Albei het Pauline geheet. Dit was die eerste projek van sy soort en het geweldig belangstelling in die media en die gemeenskap geniet. Duisende meters pienk materiaal is verkoop, bome op sypaadjies is toegedraai en die boodskap: Oorwin kanker en koester die lewe, is gevier. Terselfdertyd is R210 000 vir kanker ingesamel. Tot R10 000 is vir ‘n meter materiaal op die dorp betaal.

Die fondse is aangewend deur Graaff Reinet en Distikte Kankervereniging. Oktober is tradisioneel Borskankermaand, maar Pienk Bome vir Pauline vestig die aandag op kanker in die algemeen. Vanjaar word die inisiatief landswyd uitgebrei en ander dorpe word uitgedaag om deel te neem. Meer as 50 dorpe in Suid Afrika het reeds die uitdaging aanvaar. In Johannesburg het City Parks toestemming verleen om 350 000 bome in pienk lap toe te draai. Die entoesiasme strek ook buite die landsgrense en 4 dorpe in Namibië asook ‘n dorp in Ierland en Kanada is reeds betrokke.

Wat die projek uniek maak, is dat dit ‘n prettige en toeganklike manier is waaraan almal kan deelneem en ‘n verskil kan maak. ‘n Blywende indruk word geskep en terselfdertyd word fondse ingesamel. Die aksieplan is om duisende meter pienk material, wat voorsien gaan word in elke dorp, te verkoop teen ‘n minimum van R20 per meter waarmee die bome op die sypaadjies die dag toegedraai word. Die fondse wat ingesamel word, word in die betrokke dorp aangewend vir behoeftes soos die verskaffing van pruike, prosteses en rolstoele, vervoer van kankerpasiente,

tuisverpleging, voedingskemas , verblyf tydens behandeling, ens.

Adri van Nieuwenhuizen, ‘n borskankeroorwinnaar van George, is die Besturende Direkteur van die projek. Stigter Carol- ann van Jaarsveld, en Dr Pam Kerr, ‘n Opvoedkundige Sielkundige, is mede-direkteure. “Ons doel is om gemeenskappe te verenig met ‘n fondsinsamelingsprojek wat die eerste van sy soort op nasionale en internasionale vlak is.”

Dis ‘n nie-winsgewende organisasie en alle dorpe word uitgedaag om aan die pro-aktiewe inisiatief deel te neem om hande uit te steek na mense wat deur die siekte geraak word.

Vir meer inligting kontak:
Lorraine du Toit, Sel: 082 3282 575, E-pos: lorraine@whalemail.co.za
Beatrix de Villiers, 083 414 2473, E-pos: devilliers@whalemail.co.za
Beulah Erasmus, Sel: 082 485 6519, E-pos: beulaherasmus@gmail.com
Marius Moelich, Sel: 082 902 9285, E-pos: mariusm@capeagulhas.com
Amy Neethling, Sel: 082 958 9753, E-pos: amyneethling@vodamail.co.za

Advertisements

One comment on “Pink Trees for Pauline

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s